VERJAARSDAE

WAT GEBEUR MET ‘N VERJAARSDAG PAKKET? (hierdie lekker kuier is ook vir enige ander tipe dag)

(SOOS IN ONS ADVERTENSIE DEURGEGEE, KUIER ONS PER INTERNET NL. ZOOM, SKYPE OF WHATSAPP)

1. Ons sing ‘n spesiale verjaardag liedjie vir hom/haar.
2. Ons vertel n spesiale verjaardagstorie.
3. Vragie tyd! Mammas en pappas help ons hier om spesifieke vragies te vra. Hopelik is dit ‘n groot verassing as Lente weet van wat onlangs gebeur het of gaan gebeur!
4. Liedjietyd! Oom Karoolus en Lente sing ‘n spesiale liedjie wat die kindjie versoek het  (as Lente dit nie ken nie, dan soek ons saam totdat ons ene kry!)
5. Sommer lekker kuiertyd! Hoe spraaksamer die kind is, hoe lekkerder sal Lente dan gesels. (sy sê mos sy is gebore met n groot mond!)
6. Elke pakket sluit ‘n drie maande gratis lidmaatskap van ons kinderklub in (sien info op webblad) asook ‘n spesiale geskenk (een van ons liedjie dvd’s of ons Moewie wat aflaaibaar is deur die internet)

Pakket kos R480 (bestaande kinderklub lede kry afslag)

Om verdere info te kry:  kliek hier

KONTAK: lente@lente.co.za

 

Comments are closed.