KINDERKLUB VIR BUITELAND

Kinderklub vir Buiteland

WELKOM BY ONS KINNERKLUB!

Oom Karoolus en  Lente kuier saam in die kuierhoekie en vertel wonderlike stories oor Koning Jesus!

Waaruit bestaan ons klub? Wel, vir slegs R300 vooruitbetaling vir ‘n tydperk van 6 maande, gebeur die volgende:

U ontvang maandeliks vir 6 maande ‘n skakel per epos sodat u drie van ons video stories plus ‘n musiekvideo kan aflaai. Die aflaai grote is ongeveer 150mb.

Hoe gaan u te werk om in te skryf en te betaal? Wel, kliek slegs op die “Payfast” skakel hieronder. U sal oa gevra word om u epos adres in te sleutel waarna ons met u sal skakel. U kan per kredietkaart betaal of per EFT. Alhoewel ons die prys vir ‘n ses maande vooruitbetaling as R300 vir u deurgee, glo ons dat u daar waar u in die verte is, sal weet wat die bedrag is wat u vir ons moet inbetaal!

As u nog ‘n Suid Afrikaanse rekening het, en wil per debietorder elke maand betaal, is u welkom om die bankbesonderhede aan ons te epos: bank, rekeningnommer,                     tipe rekening, takkode, rekeninghouer se naam.

As u enige navrae het oor die klub en meer wil uitvind, epos ons gerus by lente@lente.co.za.

Pay

Comments are closed.