‘n Lang vergete pakkie in die pos vir Karoolsie, sit ‘n groot avontuur aan die gang vir Oom Karoolus en Lente!Wanneer die kroeks, Grootoor (Leon Ferreira) en Shorty (Steyn Fourie), ‘n geleentheid skep en met Oom Karoolus (Cor Uys) se motor wegjaag,is daar groot moeilikheid want Lente (Letitia Uys) lê agter op die sitplek en slaap! Lente is egter koel en kalm en verklap in haar onskuld dat sy en Oom Karoolus oppad is na sy oupa se plaas waar hulle na ‘n skat gaan soek. Natuurlik stel die twee skelms baie belang en maak hulle planne om die skat te kry, maar ‘n groot verrassing wag vir hulle almal wanneer hulle by die skat uitkom! Met Ghapi as Piet Posman, en Bouwer Bosch as Kaptein Flits Venter van die Blue Chip soekspan, is hierdie ‘n fliek vir die hele gesin met baie pret, spanning en ‘n groot boodskap!
Hoe om jou “Moewie” te bestel:
Normale prys: R120 elk (posgeld ingesluit – SA Poswese) As u eerder die moewie per koerier wil ontvang, is dit R200 posgeld ingesluit.
Digitale prys: R100 (ontvang Die Moewie per internet skakel – ongeveer 4gig aflaaigrootte)
1. Bankinbetaling
Stuur ‘n epos na lente@lente.co.za met die bewys van inbetaling en adres. Ons stuur dan so spoedig as moontlik die DVD of internet skakel aan u.
Rekeningbesonderhede: Maranataland, 090203878, tjek, 632005, ABSA
2. Kredietkaart betaling. Stuur gerus u whatsapp nommer asook adres aan 0827882736. Verdere info sal volg rondom die wyse van betaling.
SIEN OOK ONS SPESIALE AANBOD ONDER WINKEL/PRODUKTE WAAR DIE MOEWIE SAAM MET ANDER PRODUKTE EENMALIG BESKIKBAAR GESTEL WORD
“Oom Karoolus en Lente: Die Moewie” – Voorskou: