Maranataland sang en kinderbediening
Die Bediening self:
Ons is die afgelope drie en dertig jaar betrokke by kinderbediening en staan bekend as MARANATALAND KINDERBEDIENING, met Oom Karoolus en Lente. Ons radiopragramme oa MARANATALAND word gereeld uitgesaai. Ons bedien by geleenthede en plekke soos: kleuterskole, skole, gemeentes, jeugweke, ATKV, kunstefeeste, ens. Ons doen ook kinderteater wat bestaan uit ‘n geestelike produksie EN/OF sekulere produksie. Twaalf produksies is op ons kerfstok.
Die Optredes behels:
Die program wat gewoonlik ‘n uur beloop, bestaan uit ‘n groot gedeelte saamsing en saamdoen. Die woorde van die liedjies is eenvoudig en op die Woord gebasseer. Kinders oud en jonk leer dit vinnig gedurende die optrede aan. Oom Karoolus hanteer gewoonlik die gedeelte. Saam met Lente word een of ander storie of insident vertel wat ons herinner aan iets wat in die Bybel staan. Op ‘n praktiese manier word ‘n skrifgedeelte aan die kinders op hierdie manier verduidelik. Dan ook ons sekulere program wat gebasseer is op ons nuutste DVD, Fliekie liedjies wat bestaan uit 80 bekende sekulere kinderliedjies. Die program is gemik op al die kinders, jonk en oud, (gestryk en ongestryk). Dit is dus ‘n aanbieding wat gemik is op die hele gesin.