MY DUIM – (as ek dit met my ander vingers toevou in my hand)
– Joh. 10:28 Jesus sê: Ek gee jou die ewige lewe en jy sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal jou uit my hand uit ruk nie.
MY WYSVINGER – (wys na iets)
– Ps 119:19 U Woord is n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad
MY MIDDELSTE DRIE VINGERS -(as ek dit saam wys laat dit my dink aan 3 kruise – 2 moordenaars en Jesus in die middel)
– Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van my oortredinge deurboor, ter wille van my ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir my die vrede aanbring was op Hom, en deur sy wonde het daar vir my genesing gekom.
MY RINGVINGER – (die ring aan die vinger sê jy behoort aan iemand)
– Jes 43:1 Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep, jy is myne! (sê die Here) (Hos 2:20 Hy het Hom aan my verloof)
MY PINKIE – (die kleinste vingertjie aan die hand)
– Luk 18:17 Voorwaar Ek sê vir julle: elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. (Matt 11:25, Matt 18:1 – 3)